Stockholm

Stockholm


Europese Kultuurstad 1998
Europeisk kulturstad 1998


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Swede Swede
 Landskappe Södermanland
en Uppland
 Län Stockholm
 Koördinate 59°20′N 18°4′O / 59.333°N 18.067°O / 59.333; 18.067
 Stigting 13de eeu
 Oppervlakte:  
 - Tätort 381,63 vk km
 - Kommun 214,6 vk km[1]
 - Storstadsområde 6 519 vk km
 Hoogte bo seevlak 28 m
 Bevolking:  
 - Tätort (2023) 1 617 407
 - Kommun (2023) 988 943[2]
 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 4 608/vk km
 - Storstadsområde (2023) 2 415 139
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gem. jaarlikse temperatuur 7,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −1,0 / 18,7 °C
 - Gem. jaarlikse neerslae 546,4 mm
 Burgemeester Karin Wanngård (S)
 Amptelike webwerf start.stockholm

Stockholm (Sweeds: [ˈstɔ̂kː(h)ɔlm], ) is die hoofstad en grootste stad van Swede met 'n oppervlakte van 214,6 vierkante kilometer en 'n bevolking van 988 943 in 2023. Die agglomerasie van Stockholm – die grootste in Noord-Europa – het 2,4 miljoen inwoners.

Riddarholmen en die ou stadskern Gamla Stan (Ou Stad)

As die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land word Stockholm veral deur die kontras van land en water (die stad strek oor veertien eilande en lê digby 'n eilandgroep met sowat 24 000 klein eilandjies), historiese en moderne boukuns (die ou stadskern Gamla Stan, waarvan die vroegste dele uit die 13de eeu dateer, is een van die grootste Middeleeuse stadsbuurte in Europa en uniek in sy soort), landelike voorstede en besige sakesentrum, en die lange, helder nagte van die Skandinawiese somer en kort winterdae gekenmerk.

Vanweë sy ligging op veertien eilande word Stockholm as een van die pragtigste stede ter wêreld beskou en dikwels ook die "Venesië van die Noorde" genoem; sy 13de eeuse stigter het 'n strategiese plek gekies waar die uitgestrekte Mälarmeer in die Oossee uitmond. Water beslaan sowat 'n derde van Stockholm se oppervlakte sodat brûe en jaghawens 'n belangrike bestanddeel van die stad geword het. 'n Doeltreffende omgewingsbeleid het verseker dat hengelaars selfs in die middestad van Stockholm salms kan vang – die stad se wateroppervlaktes pronk in die algemeen met drinkwaterkwaliteit. Danksy die invloed van die see en die warm Golfstroom het Stockholm 'n gematigde klimaat met aangename somers en sneeuvalle tussen Januarie en Maart.

Stockholm het lankal tot die belangrikste toeristebestemming in Skandinawië ontwikkel en vervul in baie opsigte 'n rol as die kulturele hoofstad van die Nordiese lande. Stockholm staan daarnaas internasionaal bekend as die moederstad van die Nobelprys. Stockholm is aangewys as die Europese Kultuurstad van die jaar 1998.

  1. (en) "Square kilometre by region, type of area and year". Statistiek Swede. 2024. Besoek op 11 Mei 2024.
  2. (sv) "Folkmängd och befolkningsförändringar – Kvartal 4, 2023". Statistiek Swede. 22 Februarie 2024. Besoek op 11 Mei 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search